Vers@versndag.co.za Die wysheid nooi uit - 14 Augustus 2017 Danny Fourie View this email in your browser - Klik om aanlyn te lees. Wysheid het vir haar ’n huis gebou met sewe klippilare. Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep: “Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Spreuke 9:1-5 Vir wie is hierdie maaltyd? Luister na die dienaars van wysheid. Hulle nooi slegte mense en verstandelose mense. Dit is mense wat min kennis het om die Here te dien. Sulke mense word na die maaltyd genooi. Soos Jesus self die tollenaars en die sondaars na sy tafel genooi het. Dit word tog 'n wonderlike geselskap wat om die tafel van wysheid kom sit. Sondaars, swakkelinge, niksnutte, bedrieërs en rondlopers. 'n Mens sou verwag dat diegene wat by die tafel aansit darem eers hul lewe moes verander en regruk. Tog mag die sondaars net so aansit. Niemand hoef hom- of haarself eers “reg te ruk” en te verander nie. Op elke sitplek aan die tafel staan geskryf: gereserveer vir 'n goddelose. Mense wat so oor hulleself dink, kan gratis gaan sit. Is Jesus nie 'n goeie gasheer nie? Dit is interessant om te sien dat die dienaars van hoë plekke af roep sodat selfs die mense wat ver staan, kan hoor. Al is hulle nie letterlik ver nie, staan hulle soms figuurlik ver, skepties teenoor Jesus. Soos die tollenaar wat ver gestaan het, skepties oor Jesus se prediking en lewe (Lukas 18:13). Die mense wat kom aansit om te eet en te drink, kry kosbare voedsel. Van versoening en vergewing, tot herstel en vernuwing. Van ewige lewe. Aan hierdie tafel is daar genoeg. Die beker loop oor (Psalm 23:5). Daar is ook blydskap aan die tafel. Die wyn wat gedrink word, verheug die harte. In die wyn lê daar iets feesteliks. Daar is 'n gemoedelikheid onder die gaste wat mekaar heel moontlik nie eers ken nie. Hulle voel tuis en welkom. Die gaste staan op na die ete – vol verwondering. Hulle kan verder op hul lewensreis gaan. 'n Dankbare lied kom op uit hul harte en hulle sing: “Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het. Voor u dienaars sal ek u Naam prys, want U is goed” (Psalm 52:11). Gebed: Here, u gasvryheid verstom ons. Dankie dat hierdie ryk belaaide tafel 'n beeld is van die geestelike voedsel wat U vir ons berei. Help ons om elke dag uit hierdie gulle voorsiening van U te leef – van versoening en vergewing, van herstel en vernuwing. Amen
by Wildre Scheepers
August 14, 2017 at 09:44AM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT
Monday, 14 August 2017

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment