Wednesday, 14 November 2018

Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, denimbroeke en geen skoene nie. Dit was letterlik sy hele klerekas vir die hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was. In die straat oorkant die kollege-kampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente. Hulle wou ‘n bediening begin vir die studente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie. Een Sondag-oggend daag Billy by die kerk op: geklee in sy T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na 'n plek om te sit, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het ongemaklik onder mekaar gefluister. Voor by die preekstoel besef Billie dat daar geen sitplek oop is nie, en hy maak homself toe op die mat voor die preekstoel tuis. Teen dié tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny. Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe. Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige, Godvresende man. Met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan na die jongman voor die preekstoel. Die kerk was doodstil behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur. Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite op die mat neergesak, sy skoene en kouse uitgetrek, Billie met ‘n kopknik gegroet en effe uita

by Wildre Scheepers

2018-11-14T09:20:18.000Z
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment