Saturday, 14 October 2017

TWEE PERDE ๐ŸŽ๐ŸŽ Op 'n plaas ............., is 'n kampie met twee perde in. As jy die twee perde van 'n afstand dophou, lyk hulle soos enige twee gewone perde, maar as jy nou sou nader gaan, sal jy iets ongeloofliks sien............ As jy in die oรซ van een van die perde kyk sal jy sien hy is blind. Sy eienaar het egter besluit om hom nie te laat uitsit nie, en inteendeel vir hom 'n goeie huis aangebied. Maar die wonder van hierdie verhaal is: As jy nader staan en mooi luister, hoor jy die klank van `n klein klokkie. ๐Ÿ””En as jy mooi kyk sal jy sien die klank kom van 'n klein klokkie ๐Ÿ””om die nek van die kleiner perd wat so 'n entjie verder op in die veld staan. Dit help die blinde perd om te weet waar sy vriend is… As jy so staan en die twee perde dophou sal jy sien dat die perd met die klokkie ๐Ÿ””aanhoudend omkyk om te sien waar sy blinde vriend is, en die blinde perd sal altyd mooi luister om die klokkie ๐Ÿ””te hoor en dan DIE geluid te volg, want hy weet sy vriend lei hom op die regte pad en sal hom nie laat afdwaal of verdwaal nie. Wanneer die perd met die klokkie ๐Ÿ””saans stal toe stap, stop hy kort kort en kyk om, om seker te maak sy blinde vriend raak nie agter nie en dat hy nog die klokkie ๐Ÿ””kan hoor. Net soos die eienaars van hierdie twee perde, sal God ons NOOIT wegggooi net omdat ons nie perfek is nie. Hy kyk na ons en sorg selfs dat daar mense oor ons pad kom wat ons kan help as ons hulp nodig het. Somtyds is ons die blinde perd en God is die perd met die klokkie ๐Ÿ””en ons kan Hom met vertroue volg. Somtyds is ons die perd met die klokkie ๐Ÿ””wat ander moet lei. Goeie vriende is altyd daar, jy mag hulle nie altyd sien nie, maar jy weet hulle is altyd daar. En onthou ... wees vriendeliker as wat soms nodig is - want almal wat jy ontmoet veg met of teen iets......... Hetsy dit pyn, siekte, eensaamheid, finansies ens is. Almal van ons veg elke dag teen die duiwel !! Mag elkeen van ons elke dag 'n klokkiedag ๐Ÿ””๐Ÿ›Ž๐Ÿ””beleef, en dat ons almal vir 'n ander 'n klokkie ๐Ÿ””sal wees ........... ๐ŸŒด๐Ÿ›Ž๐Ÿ””๐ŸŒด๐Ÿ›Ž๐Ÿ””๐ŸŒด

by Wildre Scheepers

October 14, 2017 at 08:59AM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment