Wednesday, 28 February 2018

Kostelike kindergebede KINDERGEBEDJIES GENIET DIT !! Liewe Jesus Ek het nie geweet oranje pas by pers nie, totdat ek die sonsondergang gesien het wat U Dinsdag gemaak het! Dit was so mooi! Liewe Jesus Moes die kameelperd so lyk of was dit 'n ongeluk? Liewe Jesus In plaas van om mense te laat doodgaan en heeltyd nuwes te moet maak hoekom hou U nie dié wat U nou het nie? Liewe Jesus Wie het die strepe om die lande getrek? Liewe Jesus Ek was na 'n troue en hulle het mekaar sommer daar in die kerk gesoen. Is dit reg? Liewe Jesus Dankie vir my baba boetie, maar ek het vir 'n babahondjie gebid! Liewe Jesus Dit het die hele vakansie gereën en was my pa kwaad! Hy het goeters oor U gesê wat 'n mens nie veronderstel is om te sê nie, maar ek hoop maar dat U hom in elk geval nie sal seermaak nie. Liewe Jesus Stuur asseblief vir my 'n ponie. Ek het nog nooit voorheen vir iets gevra nie, U kan dit maar naslaan! Liewe Jesus Ek dink soms aan U, selfs al bid ek nie. Liewe Jesus Ek wed dit is moeilik vir U om al die mense in die wêreld lief te hê. Daar is net 4 mense in ons huis en ek kan dit nie doen nie! Liewe Jesus Van al die mense wat al vir U gewerk het, hou ek die meeste van Noag en Dawid. Liewe Jesus As U my Sondag in die kerk dophou, sal ek vir Jou my nuwe skoene wys! Liewe Jesus Ons het in die skool geleer Thomas Edison het lig gemaak, maar in die Sondagskool leer ons U het. Ek wed hy het Jou idee gesteel! Liewe Jesus Ek dink nie enige iemand kan 'n beter God wees as Jy nie, en ek sê dit nie net omdat U alreeds God is nie, nê! Liewe Jesus Miskien sou Kain en Abel mekaar nie so doodgemaak het as hulle elkeen hulle eie kamer gehad het nie. Dit werk vir my en my broer!

by Wildre Scheepers

February 28, 2018 at 02:34PM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment