Friday, 12 May 2017

Gretha Wiid 'n Gebed vir ma's vir komende moedersdag - stuur aan al die vroue wat jy liefhet ‘n Gebed vir ‘n ma Vader, Ek bid dat U elke ma sal seën met 'n dubbele porsie wysheid - dat sy 'n Aaron en Hur in haar lewe sal hê wat haar arms kan hooghou as sy moeg word. Seën haar met 'n gees van onderskeiding om die onsienlike in haar kinders se lewens raak te sien. Vader, ek bid dat U gedagtes haar gedagtes sal wees sodat sy elke dag U roeping vir haar kinders sal ken en hulle sal vorm om daardie roeping te leef. Raak haar lippe aan met 'n kool van vuur uit U Troonkamer sodat haar woorde wys, vol lewe en rigtinggewend sal wees. Steek in haar gees 'n nuwe vuur aan vir U Woord en U hart - omdat 'n vrou wat U dien, verdien om geprys te word. Vou haar toe in U liefde wanneer sy ongewaardeerd voel. Vang elke traan in ‘n fles op, en stort dit op die regte tyd uit oor haar gesin om haar kinders se grond vrugbaar te maak. Seën haar met sterk skouers, sagte hande, wyse woorde en Gees-geïnspireerde waarheid. Mag daar elke dag iets moois wees in haar geheuebank en die diepe kamers van haar hart Mag sy altyd onthou dat alle ma’s foute maak, en soms voel dat hulle nie goedgenoeg is en glad nie raakgesien word nie. Maar maak dit in haar hart vas…dat haar kinders se krag ook in die gebed van hulle ma lê! Mag sy onthou dat al sien haar kinders haar nie nóú altyd raak nie, sy die een is wie se resepte en maniertjies hulle eendag sal gebruik, die een vir wie hulle raad gaan vra oor hulle eie kinders en hulle man of vrou…die een wat hulle sal mis as haar stem vir altyd stil is. In die naam van Jesus, Amen

by Wildre Scheepers

May 12, 2017 at 08:14PM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment