Wednesday, 1 February 2017

Ek seën jou gees vandag deur die bloed van die Lam. Ek seën jou met die wete dat jou Abba Vader jou lief het, ongeag wat jy al gedoen het. Ek seën jou met die wete dat Hy jou identiteit ken, Hy het jou gevorm, Hy weet hoe jy dink, waarom jy so optree, Hy weet alles van jou af, niks kan jy vir Hom weg steek nie. Ek seën jou dat jy geleer word in al Sy weë deur Heilige Gees. Ek seën jou om gekoester te word in Sy liefde. Ek seën jou in jou vormingsfase, soos Hy klaar maak wat Hy in jou begin het. Ek seën jou om oop te wees en gereed te wees om geleer en gelei te word deur Heilige Gees. Ek seën jou gees met genesing sodat jy jou gebrokenheid kan oorkom en in volkome genesing kan leef. Ek seën jou om te weet waarvoor God jou geroep het, en dat jy daarin sal wandel. Ek seën jou met die salwing van liefde en vrede wat bedoel is vir jou en dat jy daagliks gekoester en geleer sal word deur God self. Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander. Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande op lig en 'n pad saam met jou begin stap. Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel. Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde. Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe. Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou. Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings. Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke. Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam. Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde. Ek seën jou huwelik,jou gesin en jou drome. Ek seën jou om jou identiteit te vind in Christus. Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie,ook nie minder nie. Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef, Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe. Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie. Geseënd is jy,geliefde van God. 💐💕💐💕💐💕💐💕💐

by Wildre Scheepers

February 02, 2017 at 07:53AM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment