Thursday, 13 April 2017

Juffrou Miller het 'n groepie jong seuns en dogters in haar klas gehad. Een van hulle was die dertien jarige Jeremy. Hy was nie net kleiner as die ander kinders in sy klas nie, maar was ook n bietjie verstandelik gestremd. Dit was Goeie Vrydag, die begin va n die Paastyd. Juffrou Miller vertel die storie van Jesus wat aan die kruis gesterf en op die derde dag weer opgestaan het. Aan die einde van haar les gee sy vir elke kind 'n plastiek eierdop wat kan oopmaak. “Ek wil hê julle moet huis toe gaan en iets in die eierdop plaas wat vir jou sal simboliseer dat Jesus gesterf het en weer opgestaan het,” sê sy. Die volgende dag heers daar groot opgewondenheid in die klas. Die kinders het 'n verskeidenheid goedjies in hulle eierdoppe gesit -- party h et papier skoenlappers gebring, ander klippies met mos oortrek. Juffrou Miller het tussen al die kinders deurgeloop en toe sy by Jeremy se bank kom, sy sien dat sy eierdop oop was, maar dat dit leeg is. Sy het gedink dat die klein seuntjie nie verstaan wat hy moes doen nie en omdat sy hom nie in die verleentheid wou stel voor die klas nie, stap sy net aan, maak haar finale opmerkings en verdaag die klas. Toe al die kinders weg is, kom klein Jeremy na haar en vra: “Juffrou Miller, hoekom het u niks oor my eierdop gesê nie; hoekom het u myne oorgeslaan?” “Maar Jeremy, dit is leeg, is dit nie?” sê Juffrou Miller. Terwyl hy na haar kyk antwoord die klein Jeremy, “Juffrou Miller, op Paasoggend was Jesus se graf nie ook leeg nie?” Terwyl die onderwyseres na die klein seuntjie luister het sy besef dat hy in sy kinderlike wese, die krag van die dood en opstanding van Christus verstaan. Omtrent drie maande later is Jeremy oorlede om by die Here te wees. By sy begrafnisdiens bring negentien van sy klasmaats leë eierdoppe om op sy kis neer te sit. Dit was 'n teken om te sê, “Hier is 'n seuntjie wat geweet het wat dit beteken om Jesus te volg!”

by Wildre Scheepers

April 13, 2017 at 02:13PM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment