Wednesday, 15 March 2017

PROF COETZEE se ANTWOORD oor WAAROM DIE AFRIKANER BO UITKOM: "Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof, as heel aanvaarbaar; jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid, of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat: 'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk, soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. MAAR hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer, dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg. Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom, sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie. 'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is, wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie. Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer onderhou. MAAR hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie. 'n Mens word nie 'n agtergeblewene, omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer, omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal. En élke ding wat ons het, het ons verwerf! As alles altyd vir jou verkeerd loop, sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jyself, vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in! Dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan. Selfs in die nuwe Suid-Afrika, is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms los te spook. Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie."

by Wildre Scheepers

March 15, 2017 at 08:50PM
from Facebook
via IFTTTfrom Facebook
via IFTTT

No comments:

Post a Comment